Liquorice Handdoek

R420.00

So lekker soos drop – net sonder die swart tande! Hierdie handdoek is ’n fees van kleur, vol pret, en perfek vir die strand, swembad of om net cool te lyk terwyl jy niks doen nie.

Category: Tags: , , Brand:
Add to Wishlist

As jy al ooit gewens het jy kon op ‘n sakkie gemengde drop lê en net die lewe geniet – hier’s jou kans! Hierdie Republk Liquorice-handdoek is ’n kleurvolle, speelse mengsel van styl en nostalgie. Met sy vrolike drop-lekkertjies teen ’n donker agtergrond is hy so opvallend soos jou ouma se lekkertjiebak – maar heelwat meer prakties om op te lê! Dis groot genoeg om op uit te strek, sag genoeg om jou soos ’n lekkertjie toe te draai, en vinnig-drogend vir daardie “een-laaste-duik” voor sononder. Hierdie handdoek gee jou al die lekker sonder die suikerkrisis. Of jy nou op die strand is, langs die swembad lê, of net wil hê mense moet vra “Waar het jy daardie oulike handdoek gekry?”, is dié een vir jou. REPUBLIK – waar jou handdoek net so lekker is soos ’n soet tand op vakansie!

Shopping Basket