Braai Handdoek

R420.00

Braai en chill het so pas baie meer patrioties geraak! Hierdie republk braai-handdoek, met sy boerewors- en tjop-patroon, is die perfekte bykomstigheid vir enige braai-meester. Probeer net om nie worsvet op te kry nie!

Category: Tags: , , Brand:
Add to Wishlist

Soek jy die perfekte geskenk vir die braai-meester in jou lewe, of wil jy net jou eie braai-styl opgradeer? Hier is hy! Die republk braaihanddoek is meer as net ‘n handdoek—dis ‘n huldeblyk aan ons Suid-Afrikaanse braai-kultuur.

Hierdie handdoek is versier met ‘n unieke patroon wat spreek van lekker tye om die vuur: ‘n mengsel van goudbruin boereworsrolle, heerlike lams tjops en die onmisbare braaitang. Dit alles word aangebied op ‘n diep, braai-rook-blou agtergrond, en ‘n vetgedrukte streep in die middel met die REPUBLIK handelsmerk in skarlakenrooi letters.

Hierdie handdoek is gemaak van hoë-gehalte mikrovesel, wat dit die ideale bykomstigheid maak. Dit is super-absorberend en droog vinnig, perfek om daardie onvermydelike braai-spatsels af te vee en jou klere skoon te hou. Dit is sag en liggewig, en sal nie in jou pad wees terwyl jy die worsie omdraai of die vuur aanjaag nie.

Laat die braai-meester in jou uitstaan. Die braaihanddoek is die noodsaaklike bykomstigheid vir enigeen wat ernstig is oor braai, lag en die lekker lewe.

Shopping Basket